A4 is die mees algemene grootte in die A-reeksformaat van papier.
Die afmetings van A4 is 210 mm × 297 mm wat 'n oppervlak van 0,06237 m2 lewer.
Die 4 dui op die vier keer gehalveerde sye van 'n vel A0-papier. Die A0-formaat het per definisie 'n oppervlakte van 1 m² en 'n lengte-breedteverhouding van √2:1. Derhalwe het die A4-formaat 'n oppervlakte van bykans ½ × ½ × ½ × ½ = 1/16 m² en deselfde lengte-breedteverhouding as A0. Die oppervlakte van 'n A4 is nie presies 1/16 m² nie weens afronding met elke halvering.
Die formaat is oorspronklik deur 'n DIN-numering (DIN 476 van 1922) gedefinieer en is later deur ISO oorgeneem as die huidige norm ISO 216. In Duitsland word die formaat nog steeds as "DIN A4" aangedui.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article A4, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.