Die 88ste Oscar-toekenningsaand is op 28 Februarie 2016 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles, gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2015.
Chris Rock was vir die tweede keer die aanbieder (die vorige keer was in 2005).
88ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 28 Februarie 2016 | |
Plek | Dolby-teater, Hollywood | |
Aanbieder | Chris Rock | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Spotlight | |
Beste regisseur | Alejandro G. Iñárritu | |
Beste akteur | Leonardo DiCaprio | |
Beste aktrise | Brie Larson | |
Meeste pryse | Mad Max: Fury Road (6) | |
Meeste benoemings | The Revenant (12) |
Die prent wat die meeste pryse ingepalm het, was Mad Max: Fury Road (ses) met onder andere Charlize Theron. Een van dié Oscars, vir beste rolprentredigering, is gewen deur die Suid-Afrikaans gebore Margaret Sixel.
The Revenant het drie Oscars gewen nadat dit vir 12 benoem is, onder andere vir beste regisseur en beste akteur. Ander wenners sluit in Spotlight (twee), en A Girl in the River: The Price of Forgiveness, Amy, Bear Story, The Big Short, Bridge of Spies, The Danish Girl, Ex Machina, The Hateful Eight, Inside Out, Room, Son of Saul, Spectre en Stutterer (een elk).
Hier volg ’n lys van die belangrikste benoemdes. Die wenners word eerste genoem en is in vet druk.
Beste rolprent | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
|
|
Beste oorspronklike draaiboek | Beste verwerkte draaiboek |
|
|
Beste animasieprent | Beste buitelandse rolprent |
| |
Beste oorspronklike musiek | Beste oorspronklike liedjie |
|
|
Beste produksie-ontwerp | Beste kinematografie |
|
|
Beste rolprentredigering | Beste visuele effekte |
|
|
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article 88ste Oscar-toekenningsaand, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.