Die 75ste Oscar-toekenningsaand is op 23 Maart 2003 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2002.
Steve Martin was die aanbieder.
75ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 23 Maart 2003 | |
Plek | Kodak-teater, Los Angeles | |
Aanbieder | Steve Martin | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Chicago | |
Meeste pryse | Chicago (6) | |
Meeste benoemings | Chicago (13) |
Met sy 13 benoemings het Chicago die voortou geneem. Dit het ses van die Oscars gewen en is die eerste musiekprent sedert Oliver! in 1968 wat die kategorie vir beste rolprent wen. Roman Polanski, wat vir die vierde keer benoem is, het die prys vir beste regisseur gewen.
Adrien Brody was op 29 die jongste persoon wat die Oscar vir beste akteur wen – vir sy rol in The Pianist. Vir die eerste keer in die geskiedenis is ’n fiktiewe persoon vir ’n Oscar benoem: Donald Kaufman is saam met Charlie Kaufman benoem vir die Oscar vir die beste verwerkte draaiboek vir die rolprent Adaptation. In die prent is Donald Kaufman die fiktiewe tweelingbroer van Charlie Kaufman, gespeel deur Nicolas Cage.
Hier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):
Beste rolprent | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
|
|
Beste oorspronklike draaiboek | Beste verwerkte draaiboek |
|
|
Beste animasieprent | Beste buitelandse rolprent |
| |
Beste oorspronklike musiek | Beste oorspronklike liedjie |
|
|
Beste kunsredigering | Beste kinematografie |
|
|
Beste rolprentredigering | Beste visuele effekte |
|
|
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article 75ste Oscar-toekenningsaand, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.