Die 36ste Oscar-toekenningsaand is op 13 April 1964 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Santa Monica, Kalifornië, gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1963.
Die aanbieder was Jack Lemmon.
36ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 13 April 1964 | |
Plek | Santa Monica-burgerouditorium, Santa Monica, Kalifornië | |
Aanbieder | Jack Lemmon | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Tom Jones | |
Meeste pryse | Cleopatra (4) | |
Meeste benoemings | Tom Jones (10) |
Die wenner van die Oscar vir beste prent, Tom Jones, is die enigste prent nog wat drie benoemings vir beste vroulike byspeler gekry het. Dit het ook die rekord geëwenaar van vyf onsuksesvolle akteursbenoemings wat in 1958 deur Peyton Place opgestel is.
Die wenner van die Oscar vir beste aktrise was uniek. Hoewel sy ’n byrol gespeel het en relatief min tyd op die skerm was, het Patricia Neal die kategorie gewen vir Hud. Dié prent was ook die laaste een nog wat twee akteurspryse gewen het sonder dat dit vir beste rolprent benoem is.
Op 71 was Margaret Rutherford die oudste wenner van ’n Oscar vir beste vroulike byspeler. Sy was maar die tweede persoon oor 70 toe sy ’n Oscar wen. Die ander persoon was Edmund Gwenn. Sidney Poitier was die eerste swart Amerikaner wat ’n Oscar vir beste akteur gewen het.
Hier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):
Beste rolprent | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
|
|
Beste oorspronklike draaiboek | Beste verwerkte draaiboek |
|
|
Beste buitelandse rolprent | Beste oorspronklike musiek |
|
|
Beste kinematografie, swart-wit | Beste kinematografie, kleur |
|
|
Beste redigering | Beste spesiale effekte |
|
|
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article 36ste Oscar-toekenningsaand, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.