Die 2de Dinastie (ook Dinastie II geskryf) was die tweede van die dinastieë van Antieke Egipte wat as die Vroegdinastiese Tydperk bekend staan.
Dit het geduur van omstreeks 2890 tot 2686 v.C. Die mag van dié tydperk was in Thinis.
Hoewel argeologiese bewyse uit die 2de Dinastie baie skaars is, dui verskille tussen die 1ste en die 3de Dinastie daarop dat daar belangrike institusionele en ekonomiese ontwikkelings moes plaasgevind het.
Die name van die heersers van die 2de Dinastie is taamlik onduidelik. Die eerste vier is redelik seker, die volgende drie kon verskillende name vir dieselfde farao's of legendariese name gewees het. Oor die laaste heerser is daar weer eenstemmigheid.
Naam | Bewindsduur |
---|---|
Hotepsechemwy | 38 |
Nebra | 10–14 |
Nynetjer | 40 |
Senedj | 20 |
Seth-Peribsen (Kaires volgens Manetho) | |
Nephercheres (Manetho) | |
Sekhemib-Perenmaat (Sesokhris volgens Manetho) | |
Chasechemwy | 17–18 |
Hoewel die Egiptiese historikus Manetho skryf die hoofstad was Thinis, dieselfde as tydens die 1ste Dinastie, is minstens die eerste drie konings by Saqqara begrawe, wat daarop kan dui dat die mag na Memphis geskuif het.
Voorafgegaan deur 1ste Dinastie | 2de Dinastie | Opgevolg deur 3de Dinastie |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article 2de Dinastie van Egipte, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.