2060 Chiron: Asteroïde

2060 Chiron (Engels uitspraak: /ˈkaɪrən/; simbool: ), met die voorlopige naam 1977 UB en ook bekend as 95P/Chiron, is ’n kleinplaneet in die buitenste Sonnestelsel wat tussen Saturnus en Uranus om die Son wentel.

Dit is in 1977 deur Charles Kowal ontdek en was die eerste van ’n nuwe klas voorwerpe wat nou as sentoure bekend is. Hulle is tussen die Asteroïde- en Kuipergordel geleë.

Chiron   ⚷
2060 Chiron: Asteroïde
Chiron in Celestia met ringe. Die oppervlakdetail en vorm is denkbeeldig, omdat dit dalk nie in hidrostatiese ewewig is nie.
Ontdekking 
Ontdek deur Charles Kowal
Datum 1 November 1977
Plek van ontdekking Palomar-sterrewag
Kleinplaneet-benaming(2060) Chiron
95P/Chiron
Alternatiewe name1977 UB
Kleinplaneet-kategorie Sentour
Komeet
Etimologie ’n Griekse sentour
Wentelbaaneienskappe 
Epog 4 September 2017
Afelium 18,865 AE
Perihelium 8,4311 AE
Halwe lengteas 13,648 AE
Wentelperiode 50,42 jaar (18 417 dae)
Gem. omwentelingspoed 7,75 km/s
Gem. anomalie 153,58°
Baanhelling 6,9497°
Lengteligging van stygende nodus 209,20°
Periheliumhoek 339,68°
Minimum baankruisingsafstand: Jupiter 3,00433 AE
Tisserand se parameter 3,352
Fisiese eienskappe
Gem. radius 107,8±4,95 km (Herschel 2013)
116,7±7,3 km (Spitzer)
135.69 km (LCDB, afgelei)
Rotasieperiode 5,918 uur
Skynmagnitude 18,93
15,6
Absolute magnitude 5,80±0,27
5,82±0,07
5,9
5,92±0,20
Hoekgrootte 0,035" (maks.)

Beskrywing

Hoewel dit aanvanklik ’n asteroïde genoem is en later net as ’n kleinplaneet met die naam "2060 Chiron" geklassifiseer is, is eindelik ontdek dit toon eienskappe wat tipies van ’n komeet is. Vandag word dit as beide ’n kleinplaneet en ’n komeet geklassifiseer en het dit daarom ook die komeetnaam "95P/Chiron".

Chiron is genoem na die sentour Chiron in die Griekse mitologie. Michael Brown lys dit as ’n moontlike dwergplaneet. Dit het ’n gemete deursnee van 206 km, wat naby die laer perk is van ’n ysagtige dwergplaneet (sowat 200 km).

Chiron is op 1 November 1977 deur Charles Kowal ontdek op foto's wat op 18 Oktober by die Palomar-sterrewag geneem is. Dit het die voorlopige naam 1977 UB gekry. Dit is ontdek toe dit naby sy afelium was en was toe die verste bekende kleinplaneet. (Pluto, wat nou ’n dwergplaneet en dus ook ’n kleinplaneet is, is toe nog as ’n planeet beskou.)

Chiron se wentelbaan is hoogs eksentriek (0,37), met ’n perihelium net binne die wentelbaan van Saturnus en ’n afelium net buite die perihelium van Uranus.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AsteroïdegordelInternasionale Fonetiese AlfabetKleinplaneetKuipergordelSaturnusSentour (kleinplaneet)SonSonnestelselSterrekundige simboolUranus

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MosesAtoomHidroëlektrisiteitToestand van materieVrouSuid-Afrikaanse randHenry MurrayVloeistofGroot TrekOrale seksShakaAllan BoesakVryheidsdagEkonomieDikdermSeekoeiVratNadia ValvekensLandbou in Suid-AfrikaDaggaRefentse MorakeSeeErns GrundlingPersVoëlKankerLys van lande volgens bevolkingEskomKoorsblaarLys van Afrikaanse televisiereekseGalileo GalileiWieg van die MensdomSosiale mediaSophie SchollPornografieKwaggaSelfmoordReënSatellietfotoMagda van BiljonProvinsies van Suid-AfrikaBlourokkePornografiese subgenresWaterpokkiesKlawers (speelkaarte)StereotipeOranjerivierNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaChloorBurgerregteJakkalsAppendiksKaren MeiringDigtheidSeksAfrikaanse WikipediaBesoedelingLys van bekende Suid-AfrikanersDataverwerkingGroot DepressieWynand StrydomByvoeglike naamwoordGrondsoorteEkonomie van Suid-AfrikaBloemfonteinWebblaaierMiltAntisemitismeJesus van NasaretProteïenVoedingPornhubInfeksie🡆 More