2020 Qg: Asteroïde

2020 QG, ook bekend as ZTF0DxQ, is ’n naby-aarde-asteroïde met ’n deursnee van ’n paar meter.

Dit behoort tot die Apollogroep en het op 16 Augustus 2020 op ’n afstand van sowat 2 950 km (minder as ’n kwart van die Aarde se deursnee) bo die oppervlak van die Aarde verbybeweeg. Dit is op dieselfde dag deur die Zwicky Transient Facility (ZTF) by die Palomar-sterrewag afgeneem, sowat ses uur ná sy naaste afstand aan ons planeet, en is later deur Kunal Deshmukh, ’n student aan die Indiese Instituut vir Tegnologie Bombaai, en kollegas Kritti Sharma en Chen-Yen Hsu geïdentifiseer terwyl hulle foto's van die ZTF ontleed het.

2020 QG   
2020 QG, die ligstreep op dié foto van die Zwicky Transient Facility op 16 Augustus 2020.
2020 QG is die ligstreep op dié foto van die Zwicky Transient Facility op 16 Augustus 2020.
Wentelbaaneienskappe 
Epog 31 Mei 2020
Afelium 2,8933±0,0009 AE
Perihelium 0,99628 AE
Halwe lengteas 1,9448±0,0006 AE
Wentelperiode 2,71 jr. (990,64±0,47 d.)
Gem. anomalie 337,41±0,011°
Gem. beweging 0° 21m 48.696s / dag
Baanhelling 5,4727±0,004°
Lengteligging van stygende nodus 143,50°
Periheliumhoek 162,01±0,003°
Minimum baankruisingsafstand: Aarde 0,00027 AE
Fisiese eienskappe
Absolute magnitude 29,87±0,25

2020 QG was sover bekend nader aan die Aarde as enige ander asteroïde, buiten dié wat die Aarde getref het. Met ’n absolute magnitude van 29,8 is die deursnee daarvan na raming sowat drie tot ses meter.

Naaste asteroïdes aan die Aarde
Asteroïde Datum Afstand van
aardoppervlak
Onsekerheid in
naderingsafstand
Verwysing
2020 QG 2020-08-16 2 946 km ±20 km data
2011 CQ1 2011-02-04 5 481 km ±5 km data
2019 UN13 2019-10-31 6 242 km ±200 km data
2008 TS26 2008-10-09 6 259 km ±1 000 km data
2004 FU162 2004-03-31 6 542 km ±1 5000 km data

Wentelbaan en klassifikasie

2020 QG wentel elke 2,7 jaar (990 dae) op ’n afstand van sowat 1,0-2,9 AE om die Son. Sy wentelbaan het ’n eksentrisiteit van 0,49 en ’n helling van 5,5° teenoor die sonnebaan. Die nabyverbyvlug verby die Aarde in Augustus 2020 het die asteroïde se wentelperiode verkort van 990 tot 964 dae.

In Mei 2020, voor enige versteurings deur die Aarde, het die asteroïde ’n minimum wentelbaankruisingsafstand van 0,00027 AE (40 000 km) met die Aarde gehad. Ure voor die nadering van die Aarde was dié afstand 0,0001 AE (15 000 km), maar die versteuring vanweë die nabyverbyvlug het die wentelbaan verander en dit nader aan die Aarde gebring.

Animasies van 2020 QG se wentelbaan

Asteroïde 2020 QG se baan
(16 Augustus 2020)
Om die Son
Om die Aarde
     Son ·       Aarde ·       2020 QG

Opspoorbaarheid

Asteroïdes wat omtrent net so groot soos 2020 QG is, is moeilik om op te spoor, want hulle is klein en dus dof. Tussen 2010 en 2020 was die asteroïde nie helderder as skynbare magnitude 31 nie. Dit is sowat 10 000 keer so dof as die minimum ontdekkingsmagnitude van 21. Die Hubble-ruimteteleskoop benodig ’n beligtingstyd van drie weke om voorwerpe met ’n magnitude van 31 af te neem.

Tydens sy nadering in 2020 het 2020 QG dowwer as magnitude 24 gelyk totdat dit ’n son-elongasie van net 60 grade gehad het. Die asteroïde is afgeneem toe dit ’n son-elongasie van 125 grade gehad en sy magnitude sowat 19 was.

Sien ook

Verwysings

Skakels

  • 2020 Qg: Wentelbaan en klassifikasie, Opspoorbaarheid, Sien ook  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

2020 Qg Wentelbaan en klassifikasie2020 Qg Opspoorbaarheid2020 Qg Sien ook2020 Qg Verwysings2020 Qg Skakels2020 QgAardeNaby-aarde-voorwerpPalomar-sterrewag

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Carles PuigdemontLongOutismeWoordsoortOnderhoudHibernasiePropagandaGroepsgebiedewetPriemgetalAfrikaanse taalleerNagmaalPersentasieNaaldekokerHulpwerkwoordKameelperdHartversakingRumatiekTweede WêreldoorlogVoorvoegselKlein-KarooGeskiedenis van erotiese afbeeldingsLeestekenPoesBernice WestLabia (geslagsdele)Black SashSatellietJeuksiekteGroot vyfSimon PetrusSkoolKangogrotteKlavierBosluisbytkoorsChristiane JaccottetSokkerDolfynMisdaadromanSlaginstrumentMonopolyNelson MandelaOorkruipersDemi Lee MooreChristendomSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Seksuele opwekkingKoorsMetaalMenseregtedagBraaiMeningsverskil oor aardverwarmingBeesBrandmondsindroomTaalWeer (meteorologie)Heks van HexrivierOos-KaapMusiekGevolge van aardverwarming op oseaneLetterkundeKasteroliePaulus van TarsusAsemhalingMusieksimboleThabo MbekiLys van Joodse feeste en herdenkingsTrigeminale neuralgieBurgerregteKoue OorlogClanwilliam-sandvisXenofobieSinkEtniese groepOu Apostoliese KerkPeter SnydersPornografiese akteur🡆 More