Die 2020 FIA Formule Een-seisoen was 'n wedrenreeks vir Formule Eenmotors.
2020 FIA Formule Een Wêreldkampioenskapseisoen | |
Vorige: 2019 | Volgende: 2021 |
Indeks van wedrenne volgens land en seisoen. |
Dit was die 71ste bestaansjaar van Formule Een. Die seisoen sou aanvanklik uit 22 Grands Prix-wedrenne bestaan het, die meeste in een seisoen, maar is in die wiele gery weens die wêreldwye koronaviruspandemie van 2019-2020. Uiteindelik is 17 rondtes voltooi, almal in Europa en die Midde-Ooste.
Lewis Hamilton was die heersende wêreldbestuurderskampioen, en Mercedes die verdedigende wêreldkampioen vir vervaardigers nadat hulle beide hulle 7de wêreldkampioenskapstitel in 2020 verower het.
Pirelli was weereens die enigste bandverskaffer vir die 2020-seisoen.
Die volgende spanne en renjaers neem aan die FIA Formule 1-Wêreldkampioenskap van 2020 deel:
Span | Vervaardiger | Onderstel | Enjin | Spanhoof | Tegniese hoof | Nr. | Renjaer | Rondtes |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Alfa Romeo Resies ORLEN | Alfa Romeo-Ferrari | C39 | Ferrari | Frédéric Vasseur | Jan Monchaux | 7 | Kimi Räikkönen | 1-17 |
99 | Antonio Giovinazzi | 1-17 | ||||||
Scuderia AlphaTauri Honda | AlphaTauri-Honda | AT01 | Honda | Franz Tost | Jody Egginton | 10 | Pierre Gasly | 1-17 |
26 | Daniil Kvyat | 1-17 | ||||||
Scuderia Ferrari | Ferrari | SF1000 | Ferrari | Mattia Binotto | Simone Resta | 5 | Sebastian Vettel | 1-17 |
16 | Charles Leclerc | 1-17 | ||||||
Haas F1-span | Haas-Ferrari | VF-20 | Ferrari | Guenther Steiner | Rob Taylor | 8 | Romain Grosjean | 1-15 |
20 | Kevin Magnussen | 1-17 | ||||||
McLaren F1-span | McLaren-Renault | MCL35 | Renault | Andreas Seidl | James Key | 4 | Lando Norris | 1-17 |
55 | Carlos Sainz jr. | 1-17 | ||||||
Mercedes AMG Petronas F1-span | Mercedes | W11 | Mercedes | Toto Wolff | James Allison | 44 | Lewis Hamilton | 1-15 |
77 | Valtteri Bottas | 1-17 | ||||||
BWT Racing Point F1-span | Racing Point-Mercedes | RP20 | BWT Mercedes | Otmar Szafnauer | Andrew Green | 11 | Sergio Pérez | 1-4; 6-17 |
27 | Nico Hülkenberg | 4-5, 11 | ||||||
18 | Lance Stroll | 1-10, 12-17 | ||||||
Aston Martin Red Bull Resies | Red Bull-Honda | RB16 | Honda | Christian Horner | Pierre Waché | 23 | Alexander Albon | 1-17 |
33 | Max Verstappen | 1-17 | ||||||
Renault DP Wêreld F1-span | Renault | R.S.20 | Renault | Cyril Abiteboul | Pat Fry (onderstel) Rémi Taffin (enjin) | 3 | Daniel Ricciardo | 1-17 |
31 | Esteban Ocon | 1-17 | ||||||
Williams Resies | Williams-Mercedes | FW43 | Mercedes | Simon Roberts (waarnemende hoof) Claire Williams - Voor oorname deur Dorilton Capital | - | 6 | Nicholas Latifi | 1-17 |
63 | George Russell | 1-17 | ||||||
Bronne: |
Volgens FIA Formule-Een regulasies (Artikel 26.1 b) mag toetsbestuurders buite die spanne se amptelike bestuurders toegelaat word om aan die eerste toetssessie deel te neem. Gedurende die seisoen het drie bestuurders as toetsbestuurders of in die vrye oefensessies deelgeneem. Jack Aitken en Roy Nissany het een en twee sessies onderskeidelik vir die Williamsspan gery. Die voormalige F1-jaer, Robert Kubica het vir Alfa Romeo by drie geleenthede bestuur. Robert Schartzmann sal gedurende die eerste oefensessie by die Aboe Dhabi Grand Prix vir Haas ry. Mick Schumacher en Callum Illot sou in die eerste oefensessie by die 2020 Eifelse Grand Prix vir Alfa Romeo en Haas bestuur het, maar het egter nie die kans gekry nie weens gure weerstoestande wat tot die aflas van die sessie gelei het.
Red Bull GmbH, die eienaar van Scuderia Toro Rosso, wysig na 14 jaar die span se naam na Scuderia AlphaTauri weens borgskapredes. Die naam verteenwoordig Red Bull se modehandelsmerk.
Racing Point se Sergio Pérez is vir twee wedrenne deur Nico Hülkenberg vervang nadat hy positief getoets het vir die koronavirus voor die Britse Grand Prix. Pèrez was ook vir die 70ste Herdenking Grand Prix deur Hülkenberg vervang.
Pirelli is, net soos in vorige seisoene, die enigste bandverskaffer vir die 2020 seisoen. Die bestuurders jaag op drie tipes bande: hard, medium en sag, wat onderskeidelik wit, geel en rooi gekleur sal word. Die samestellings wat gebruik gaan word, verskil egter per wedren. Die hardste samestelling word aangedui as 'hard' en die sagste as 'sag'.
Die aanvanklike kalender is in sy geheel gewysig weens die impak van die wêreldwye Covid-19-pandemie op alle sportbyeenkomste.
Rondte | Grand Prix | Renbaan | Plek | Oorspronklike datum |
---|---|---|---|---|
1 | Australiese Grand Prix | Albert Park | Melbourne | 15 Maart |
3 | Viëtnamese Grand Prix | Hanoi-straatbaan | Hanoi | 5 April |
4 | Chinese Grand Prix | Shanghai Internasionale Renbaan | Shanghai | 19 April |
5 | Nederlandse Grand Prix | Zandvoort-renbaan | Zandvoort | 3 Mei |
7 | Monaco Grand Prix | Monaco-renbaan | Monte Carlo | 24 Mei |
8 | Azerbeidjanse Grand Prix | Bakoe-straatrenbaan | Bakoe | 7 Junie |
9 | Kanadese Grand Prix | Gilles Villeneuve-renbaan | Montreal (Quebec) | 14 Junie |
10 | Franse Grand Prix | Paul Ricard-renbaan | Le Castellet | 28 Junie |
16 | Singapoerse Grand Prix | Marinabaai Straatrenbaan | Singapoer | 20 September |
18 | Japannese Grand Prix | Suzuka Internasionale Renbaan | Suzuka | 11 Oktober |
19 | Verenigde State Grand Prix | Circuit of the Americas | Austin (Texas) | 25 Oktober |
20 | Meksikostad Grand Prix | Autódromo Hermanos Rodríguez | Meksikostad | 1 November |
21 | Brasiliaanse Grand Prix | Autódromo José Carlos Pace | São Paulo | 15 November |
Punte is op 'n glyskaal toegeken vir die eerste tien geklassifiseerde renjaers. Een punt vir die vinnigste rondte tydens die Grand Prix is ook toegeken, maar slegs as die bestuurder onder die voorste 10 klaargemaak het. Die punte vir elke wedren is soos volg toegeken:
Plek | 1ste | 2de | 3de | 4de | 5de | 6de | 7de | 8ste | 9de | 10de | Vinnigste ronde |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Punte | 25 | 18 | 15 | 12 | 10 | 8 | 6 | 4 | 2 | 1 | 1 |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article 2020 Formule Een-seisoen, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.