2004-Ekwatoriaal-Guinese Staatsgreepspoging: Mislukte omverwerping van president Obiang deur huursoldate

Die gepoogde 2004 staatsgreep in die Ekwatoriaal-Guinee (ook bekend as die Wonga-staatsgreep), het nie daarin geslaag om president Teodoro Obiang Nguema Mbasogo te vervang met die uitgewekene opposisie-politikus Severo Moto nie.

Die huursoldate wie georganiseer is deur hoofsaaklik Britse finansiers is op 7 Maart 2004 in Zimbabwe gearresteer voordat hulle die staatggreep kon uitvoer. Aanklaers het beweer dat Moto as die nuwe president aangestel sou word in ruil vir voorkeurregte aan maatskappye wat by die staatsgreep betrokke was. Die voorval het internasionale media-aandag ontvang ná die berigte betrokkenheid van Sir Mark Thatcher in die befondsing van die staatsgreep waarvoor hy skuldig bevind en in Suid-Afrika beboet is.

Opsomming

Nigel Morgan, 'n Britse en Suid-Afrikaanse veiligheidskonsultant en voormalige offisier van die Britse leër met noue bande met Suid-Afrika se intelligensiedienste gehad het, het die poging tot staatsgreep teen die regering van Ekwatoriaal-Guinee blootgelê. Op 7 Maart 2004 het die Zimbabwiese polisie by Harare-lughawe op 'n vliegtuig beslaggelê wat van Suid-Afrika ingevlieg het. Die beweerde kapingleier, Simon Mann, 'n voormalige Special Air Service (SAS) offisier is in hegtenis geneem met sy twee kollegas naby die aanloopbaan terwyl hulle gewag het dat wapens op 'n Boeing 727 (N4610) gelaai moes word. Voorts is ook drie bemanningslede en 64 voormalige soldate gewerf in Suid-Afrika, gearresteer. Die meerderheid van diegene was na bewering die huursoldate wat beplan om die staatsgreep uit te voer, en was oud-lede van 32-Bataljon, 'n spesiale magte-eenheid wat vir die Suid-Afrikaanse apartheidsregering geveg het.

Op 9 Maart 2004 is Nick du Toit en 14 ander Suid-Afrikaanse en Angolese mans in Ekwatoriaal-Guinee in hegtenis geneem omdat hulle vermoedelik die voorspan van die staatsgreep poging was.

Die bemarkingsbestuurder van Zimbabwe Defence Industries, Hope Mutize, het in die hof gesê Simon Mann het hom in Februarie 2004 'n deposito van $ 180 000 (£ 100 000) betaal en Mann indirek gekoppel aan die beweerde sameswering deur te sê hy is vergesel deur 'n Suid-Afrikaner, Nick du Toit, die leier van die 14 mans wat in Ekwatoriaal-Guinee gearresteer is. Hul wapenrekwisisie het 20 masjiengewere ingesluit, 61 AK-47 aanvalgewere, 150 handgranate, 10 RPG-7 vuurpylgranaat-lanseerders (en 100 RPG-projektiele) en 75 000 rondes ammunisie. Mann het gesê hy wou die gewere, mortiere en ammunisie bekom om diamantmyne in onstabielle dele van die Demokratiese Republiek van die Kongo te bewaak.

Daar is beweer dat diegene wie in hegtenis geneem in Zimbabwe, 'n tussenstop in Harare gemaak het om wapens te koop en na verwagting deel te neem met 'n span in Ekwatoriaal-Guinee om president Obiang omver te werp. Nick du Toit, die leier van die groep wat in Ekwatoriaal-Guinee gearresteer is, het tydens sy verhoor in Ekwatoriaal-Guinee gesê hy is deur Simon Mann gewerf en hy het gehelp met die werwing van huursoldate, die aankoop van wapens en logistiek. Hy sê hy het vertel dat hulle gaan poog om 'n verbanne opposisie politikus, Severo Moto, as die nuwe president te plaas.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

20047 MaartStaatsgreepSuid-AfrikaTeodoro Obiang Nguema MbasogoZimbabwe

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

StereotipeIranse aanval op Israel in 2024SuiwelprodukWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaSiya KolisiLys van kinderspeletjiesVrymesselaryNic de JagerHoofpynDroogteInsekFascismeKaapstadMantisVersamelnaamGevolge van aardverwarming op oseaneMona LisaWolkAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidAfrikanersOnbemande vliegtuigWoordJan-Willem BreureVaginaAalwynGeskiedenis van Suid-AfrikaNasionalismeRenosterKlimaatsverandering in Suid-AfrikaMaagWoudPornografiese subgenresJacobus Hendrik PierneefKoringNiemetaalRymFranse RewolusieSonpaneelTobie CronjéTuberkuloseHeupLeierOntwerpOmgewingsgesondheidDeelteken en umlautBorskankerDolfynBestuiwingAppendiksDonderstormIndo-Europese taleKrieketHartaanvalAfkortingSuid-Afrikaanse PolisiediensKontrasWerkersdagFaktuurTelevisieAardeBosvark7de LaanKlein-KarooEllipstekenSonenergieByvoeglike naamwoordPapierLiewe HeksieNagmaalVolstruisJeugdag🡆 More