1 Korintiërs is die 7de boek in die Nuwe Testament van die Bybel.
Die brief is 'n herderlike brief, geskryf deur Paulus aan die gemeente wat hy in Korinthe gestig het. In daardie tyd was Korinthe die hoofstad van die Romeinse provinsie Agaje en as bloeiende handelstad was dit bekend vir sy kultuurskatte, heidense godsdienste en algemene onsedelikheid. Onder sulke negatiewe omstandighede moes die jong gemeente sy leefwyse deur die evangelie laat bepaal.
Daarom vra hulle vir Paulus per brief raad oor die huwelik, vleis wat aan 'n afgod geoffer is, die verantwoordelikheid teenoor medegelowiges en die besondere gawes van die Heilige Gees. Hierop antwoord die apostel en bring ook 'n aantal ander sake ter sprake: partyskappe, sedelike gedrag, hofsake tussen gelowiges, die nagmaal en die opstanding. In al hierdie dinge wys die apostel op die Christelike lewenshouding en gedrag soos deur die liefde bepaal.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article 1 Korintiërs, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.