Syfers: 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9
Orde | eerste |
---|---|
10 20 30 40 50 60 70 80 90 |
1 (een) is 'n natuurlike getal wat ná nul en vóór twee op die getallelyn lê. Een verteenwoordig 'n enkele item. 'n Mens het gewoonlik één hoof, neus, mond en naeltjie. Die Romeinse skryfwyse is I.
1 is 'n spesiale getal in wiskunde, omdat enige getal wat met een vermenigvuldig word, daardie selfde getal as antwoord sal hê. 1 word gevolglik die identiteitselement van vermenigvuldiging genoem. 1 het slegs een faktor, naamlik 1 (homself) en is dus nie 'n priemgetal nie. 1 is die eerste getal van die natuurlike getallestelsel.
Die getal een is belangrik in rekenaarwetenskap omdat dit, tesame met nul, deel is van die binêre getallestelsel. In masjienkode en sommige programmeertale beteken een "waar". Nul beteken dan "onwaar".
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Eenvoudige Engelse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article 1 (getal), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.