15760 Albion

15760 Albion, met die voorlopige naam 1992 QB1, was die eerste trans-Neptunus-voorwerp (TNV) wat ontdek is ná Pluto en Charon.

Dit is in 1992 ontdek deur David C. Jewitt en Jane X. Luu by die Mauna Kea-sterrewag in Hawaii. Nadat hulle dit ontdek het, het hulle dit "Smiley" genoem en dit is gou deur die pers beskryf as die tiende planeet. Dit behoort tot die "koue" populasie in die Kuipergordel en het gelei tot die naam "cubewano's" ("Q-B-1-o's") vir hierdie soort voorwerp na aanleiding van die QB1-deel van sy voorlopige naam. Dit dui daarop dat dit die 27ste voorwerp is wat in die tweede helfte van Augustus daardie jaar ontdek is.

15760 Albion   
15760 Albion
Die wentelbane van die vier buitenste planete (rooi) in vergelyking met dié van 15760 Albion (blou).
Ontdekking 
Ontdek deur D.C. Jewitt
J.X. Luu
Datum 30 Augustus 1992
Plek van ontdekking Mauna Kea-sterrewag
Kleinplaneet-benaming(15760) Albion
Alternatiewe name1992 QB1
Kleinplaneet-kategorie TNV
Etimologie Albion (mitologie deur William Blake)
Wentelbaaneienskappe
Epog J2000
Afelium 46,566 AE
Perihelium 40,843 AE
Halwe lengteas 43,704 AE
Wentelperiode 288,93 jaar
Gem. anomalie 31,005°
Baanhelling 2,1877°
Lengteligging van stygende nodus 359,44°
Periheliumhoek 0,6029°
Fisiese eienskappe
Skynmagnitude ~23,4
Absolute magnitude 7,1

Teen Januarie 2018 is nog meer as 2 400 voorwerpe anderkant Neptunus ontdek, waarvan ’n groot deel klassieke Kuipergordelvoorwerpe is.

Naam

Die TNV het tot in Januarie 2018 naamloos gebly en is gewoonlik net "QB1" genoem, hoewel dit tegnies dubbelsinnig kon wees sonder die jaar van sy ontdekking vooraan. Dit is eindelik op 31 Januarie 2018 genoem na die karakter Albion uit William Blake se mitologie. Albion is die oereilandbewoner wie se verdeling gelei het tot The Four Zoas: Urizen, Tharmas, Luvah/Orc en Urthona/Los. Dié naam is weer afgelei van die antieke en mitologiese naam vir Brittanje.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Charon (maan)HawaiiKuipergordelMauna Kea-sterrewagPluto (dwergplaneet)Trans-Neptunus-voorwerp

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MaagdelikheidProsaVoortrekkermonumentModeontwerpKobus LombardJan CombrinkSeksismeNelson MandelaGordelroosGroepsdrukDokterMynbouTasché BurgerAnette EngelbrechtSeksposisieAmandelVoëlgriepPinksterEngelsTweede WêreldoorlogAgtervoegselStereotipePornografiese akteurAppelBobby AngelAllan BoesakWinnie Madikizela-MandelaYstertydperkMenslike penisgrootteKoggelmanderSelfstandige naamwoordVolhoubare ontwikkelingBoelieryApartheidHeks van HexrivierDansHoenderDieregeluideRenaissanceBeurtkragDramaVrouElzette MaarschalkDawidRuan PienaarRookgewoonteBloeddrukSonLuiperdSteenkoolChemiese verbindingDoelwitGenadedoodHenry MurrayPêrelBloedvergiftigingNedersettingSoogdierSuid-Afrikaanse RugbyunieNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyOnderwys in Suid-AfrikaBraaiWerkwoordStresGemeenskapsorganisasiePersNierversakingSosiale mediaLongOrgasmeBlaaskankerReënTekstielSebraSlag van Bloedrivier🡆 More