Die Emeco 111 Vlootstoel word van herwinde plastiek vervaardig deur die maatskappy Emeco.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die ontwerp is gebaseer op die Emeco 1006-stoel wat oorspronklik tydens die Tweede Wêreldoorlog vir die Vloot se oorlogskepe vervaardig is.
In 2006 het Coca-Cola alternatiewe ondersoek om hul plastiekbottels uit stortingsterreine te hou. Hulle het van vervaardigingsvennootskappe gebruik gemaak om produksietoepassings te vind. Hulle het die stoelvervaardiger Emeco, wat veral bekend was vir die vervaardiging van alumiumstoele, genader. Emeco se leierskap het met groot entoesiasme aan die projek begin werk. Die maatskappy het dit beskou as 'n geleentheid om 'n innoverende, strukturele sterk materiaal te ontwikkel, asook om plastiekbottels uit stortingsterreine te hou. Die twee maatskappye het begin koukus oor die moontlikhede om die ikoniese vlootstoel met behulp van rPET te herskep .
Teen die tydstip wat Emeco daaraan begin werk het om die stoel met behulp van rPET te maak, het ander maatskappye reeds rPET-produkte soos T-hemde, sakke, pette en notaboeke vervaardig. Sagte, herwinde PET-plastiek was oorspronklik bedoel vir materiaal en tekstielstowwe met 'n kort verbruikersleeftyd. Dit was egter nodig dat Emeco 'n sterk, krapbestande stoel, wat in een stuk gegiet kan word, en wat vir strawwe gebruik geskik sou wees, kon vervaardig.
Emeco se ingenieurspan het vier jaar lank gewerk aan die vervaardiging van 'n materiaal van herwinde PET-plastiek wat in korrels omskep is. Hierdie korrels word met glasvesel en kleurpigmente gemeng. Elke stoel bestaan uit ses kilogram plastiese korrels wat gesmelt word en daarna in die vorm van die 1006 Vlootstoel gespuit word. Handwerkers kontroleer die stoel om enige gebreke wat tydens die vervaardigingsproses kon plaasvind reg te stel, en voeg ook die H-stut by om die stoel stewiger te maak.
Die 111 Vlootstoel wat na aanleiding van die navorsing en ontwerp ontstaan het, het dieselfde ontwerp as die 1006 Vlootstoel. Die stoel word in een stuk gegiet, is krapbestand en geskik vir strawwe gebruik.
Elke 111 Navy-stoel word gemaak van ten minste 111 herwinde PET-plastiekbottels - 65% na-verbruiker PET - met 35% glasvesel en pigment - vandaar die stoel se naam. Die stoel is in 6 kleure beskikbaar, en voldoen aan alle kommersiële vereistes - dit is struktureel sterk, brandtraag en maklik om skoon te maak.
Teen die einde van 2016 is meer as 22 miljoen plastiekbottels uit stortingsterreine herwin en in 111 Vlootstoele omskep. Gregg Buchbinder, uitvoerende hoof van Emeco, het in 'n onderhoud met die tydskrif Forbes gesê: "Ons het iets wat baie mense weggooi, omskep in iets wat mense wil hê en vir 'n lang, lang tyd kan hou."
Die stoel verkoop nou teen 'n veel laer prys as die oorspronklike.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article 111 Vlootstoel, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.