Privaat Maatskappy

'n Privaat maatskappy is 'n vorm van 'n maatskappy.

Ten einde 'n klein groepie persone, wat hul eie kapitaal voorsien, in staat te stel om die voordeel van beperkte aanspreeklikheid te geniet, maak die Maatskappyewet Wet 61 van 1973, soos gewysig, voorsiening vir privaat maatskappye.

Só 'n maatskappy kan uit een of meer en hoogstens vyftig lede bestaan en mag nie die publiek uitnooi om aandele te koop nie. Omdat dit tot 'n groepie privaat persone beperk is, word dit vrygestel van die bepalings van die Maatskappyewet wat daarop gemik is om die beleggerspubliek te beskerm. Kragtens die Maatskappyewet (1973) moet 'n privaat maatskappy met 'n aandelekapitaal in sy statute:

  • die reg beperk om sy aandele oor te dra;
  • sy ledetal (met die uitsondering van werknemers en gewese werknemers wat lede is) tot vyftig beperk;
  • enige uitnodiging aan die publiek om inskrywing op enige aandele of skuldbriewe van die maatskappy verbied.

Indien 'n privaat maatskappy versuim om aan enige van hierdie drie vereistes te voldoen, word dit outomaties as 'n publieke maatskappy beskou.

'n Privaat maatskappy word aangedui deur die afkorting "(Edms.) Bpk." agteraan te las.

Tags:

MaatskappyOndernemingsvorm

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KindermishandelingLys van Afrikaanse rolprenteRenaissanceOnderwysEkotoerismeViëtnamoorlogVierhoekOogproblemeVideoPersentasieWerwelkolomBosluisbytkoorsBeaufortskaalGeestesteuringEmosieKondensasieSosialismeGeslagsorgaanLys van kinderspeletjiesTaalDokterIranse aanval op Israel in 2024Onderwys in Suid-AfrikaKlankverskynselsBaarmoederOrganisasie sonder winsoogmerkKunsmatige intelligensieFrankrykSamestellende afleidingWinnie Madikizela-MandelaDoodstrafSkisofrenieLys van Afrikaanse digtersSkaakGautengResensieGeslagsgelykheidLongGawes van die Heilige GeesWinterHondGeskiedenis van Suid-AfrikaSelfoongebruik tydens motorbestuur (teksboodskappe)Nasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyTegnologieKunsSout (chemiese stof)VarkAardkorsSomerMorfeemLabia (geslagsdele)InligtingDiarreeMynbouDermpoliepJavaScriptSkaapMigrasie van voëlsTwaalf Stamme van IsraelEkonomieVisBesoedelingMetaalnywerheidBloemfonteinAarverkalkingBoelieryGriepHeupMiddelmisbruikWoestynAnrich HerbstLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsSeksueel oordraagbare infeksieGeboorte🡆 More