471325 2011 Kt19: Asteroïde

(471325) 2011 KT19 (met die bynaam Niku) is ’n Trans-Neptunus-voorwerp in ’n wentelbaan om die Son met ’n ongewone helling van 110 grade in ’n retrograde rigting.

(471325) 2011 KT19   
Ontdekking
Datum 31 Mei 2011;
herontdek 2015 deur Pan-STARRS
Kleinplaneet-kategorie Trans-Neptunus-voorwerp
Etimologie ’n Chinese byvoeglike naamwoord wat "rebels" beteken
Wentelbaaneienskappe
Afelium 47,427 AE
Perihelium 23,7805 AE
Halwe lengteas 35,604 AE
Wentelperiode 212,45 jaar
Gem. anomalie 29,487°
Baanhelling 110,1537°
Lengteligging van stygende nodus 243,77772°
Periheliumhoek 322,174°
Fisiese eienskappe
Afmetings 60-190 km
75-250 km
Skynmagnitude ~22 (2016)
Absolute magnitude 7,8 7.2

Besonderhede

Die voorwerp is in 2015 ontdek en die ontdekking is in Augustus 2016 aangekondig deur ’n span sterrekundiges wat die Pan-STARRS-teleskoop gebruik het. Dit is gou verbind met ’n veronderstelde prograde sentour, 2011 KT19, wat verlore gegaan het. (471325) 2011 KT19 is deel van ’n groep voorwerpe wat in ’n hoogs ongewone wentelbaan om die Son beweeg. Die rede vir hierdie ongewone wentelbane was in Augustus 2016 nog onbekend.

Die wentelbaaneienskappe van 2011 KT19 is vergelyk met dié van 2008 KV42 (ook bekend as Drac). Dit lyk of hul wentelbane en dié van vier ander voorwerpe op dieselfde vlak voorkom, met drie in prograde en drie in retrograde bane. Die moontlikheid dat hierdie ooreenkoms toevallig is, is 0,016%. Hierdie wentelbane behoort oor ’n paar miljoen jaar uit dié gedeelde vlak te beweeg, aangesien die presessie van prograde en retrograde wentelbane in teenoorgestelde rigtings geskied. Geen simulasies, ook dié wat die hipotetiese Planeet Nege insluit, kon hierdie oplyning oplewer nie.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Retrograde en prograde bewegingSonTrans-Neptunus-voorwerpWentelbaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MisdaadromanOrgasmeOu Apostoliese KerkGemeenskapsorganisasieHemelvaartsdagIndiese OseaanVerkleinwoordGraatjiemeerkatBeesAfrikanersMagda van BiljonKameelperdJode in Suid-AfrikaKrieketAardedagPolisieKoue OorlogPapierBurgerregteAlkoholismeOutismeMasturbasieMondLongontstekingOnderwerp (taalkunde)OrthopteraSkildklierPenisVolstruisMiltGqeberhaMaroela MediaPeach van PletzenChemiese verbindingWaterpokkiesKlimaatveranderingKrapSebraMadison IvySkisofrenieWet op Bantoe-onderwysKernkragLandbou in Suid-AfrikaHoërskool OuteniquaVloeistofViëtnamoorlogSpysverteringstelselWalt DisneySuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994SkoenlapperMenslike seksuele gedragVerkragtingBosvarkMaagdelikheidMalariaJakobNiemetaalWaterstofPikkewynRuan PienaarInfeksieInsekVraag en aanbodTelwoordLewerIngrid JonkerBrandmondsindroomKoggelmanderLys van landeEnkelvoudige sinAndré JacobsDermpoliepGroot TrekRamsar-vleilande in Suid-AfrikaLettergreep🡆 More