Éric Le Sage

Éric Le Sage (gebore op 15 Junie 1964 in Aix-en-Provence) is 'n kontemporêre Franse klassieke pianis.

Biografie

Nadat hy sy studies by die Konservatoria in Parys voltooi het, het Le Sage na Londen vertrek ten einde sy spel te verbeter onder Maria Curcio. Éric Le Sage is bekend vir sy interpretasies van romantiese musiek en Schumann, maar ook om sy opname van die volledige musiek vir klavier van Francis Poulenc in 'n universeel waardeerde weergawe daarvan. Sy nuuskierigheid vir die onbekende het hom daartoe beweeg om meer as twintig rare concertos deur Dvořák, Schoenberg, Strawinski, Britten en andere te speel. Le Sage is 'n gereelde gas van gerekende groepe soos die Orchestre philharmonique de Radio France, die Koninklike Skotse Nasionale Simfonieorkes en die Dresden Filharmoniese Orkes.

Pryse

Hy was die wenner gewees van die Porto Internasionale Klavierkompetisie in 1985, van die Robert Schumann Internasionale Kompetisie vir Pianiste en Sangers by Zwickau in 1989 en van die Leeds kompetisie in 1990. In 2000 en 2001 het hy 'n grand prix du disque van die Académie Charles Cros, 'n Victoires de la musique classique, die Prix Caecilia en die Japannese "Plaat van die jaar" vir sy volledige opnames van die kamermusiek van Poulenc ontvang.

Feeste

Le Sage het deelgeneem aan feeste soos die Festival de La Roque-d'Anthéron, Festival de Radio France et Montpellier, Menton, Évian of Strasbourg. In 1993 was hy die medestigter van die Festival international de musique de Salon-de-Provence. Op 17 Augustus 2010 was Éric le Sage in Jonzac te sien ter geleentheid van die fees wat deur die kulturele assosiasie van die Val de Seugne georganiseer is; waartydens hy die klarinettis Paul Meyer en die tjellis François Salque begelei het.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Éric Le Sage BiografieÉric Le Sage PryseÉric Le Sage FeesteÉric Le Sage VerwysingsÉric Le Sage Eksterne skakelsÉric Le SageAix-en-ProvenceFrankryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SkildklierMondOogKondensasieSikloonWaterpokkiesDriedimensioneelStellenboschEjakulasieKaliumOorkruipersSuid-Afrikaanse GrensoorlogSeksposisieGalileo GalileiBorsAarverkalkingSpierKompasMartin Luther King jr.Black SashDramaVratTandbederfWolfYouTubeTradisionele Afrika-medisyneKonflik (proses)SwangerskapVerdampingDepressie (gemoedstoestand)SpreeuVryheidsdagDemokratiese Republiek die KongoBloedsomloopstelselBewaringstatusNierPornografieBloukraanvoëlRobbeneilandKnopiespinnekopHoofstadLys van Kaapstad se voorstedeHoofpynSeksuele opwekkingKletsrymBeaufortskaalMisdaadromanTsoenami23 AprilKoerantMassaArthur GrumiauxJansenvilleBoer Soek 'n VrouSkooluniformFrederik Willem de KlerkKontinentGeskiedenis van erotiese afbeeldingsN.P. van Wyk LouwAfrikanersProteïenIslamitiese StaatInsekGeprosesseerde kosBoelieryLys van nedersettings in Suid-AfrikaGrondsoorteKimberleyRubik se kubusGreen PornoChemiese reaksieVoegwoordAntjie SomersKameelperdAgtervoegsel🡆 More