Voorspel

Voorspel is ’n stel emosioneel en fisiek intieme dade tussen twee of meer mense met die doel om seksuele prikkeling en begeerte vir seks te skep.

Hoewel voorspel gewoonlik beskou word as ’n fisieke, seksuele aktiwiteit, kan niefisieke aktiwiteite soos geestes- of verbale speletjies in sommige gevalle ook voorspel uitmaak. Voorspel beteken verskillende dinge vir verskillende mense.

Voorspel
’n Toneel uit die Italiaanse rolprent Appassionata (1974) van Gianluigi Calderone.

Definisies

Voorspel is ’n dubbelsinnige term, want dit verskil van mens tot mens. Dit kan uit verskeie aktiwiteite bestaan, soos soen, seksuele aanraking, die uittrek van klere, orale seks, vingerseks, seksspeletjies of rolvertolkings.

Voorspel kan sielkundig en fisiek belangrik wees. ’n Sekere vlak van vertroue is dikwels nodig om intimiteit te skep. Daar word geglo veral vroue het voorspel nodig om ’n orgasme te bereik.

Volgens ’n opname onder heteroseksuele paartjies oor die duur van voorspel en seks, was nie een van die seksmaats tevrede met die duur van voorspel in hulle verhouding nie. Die 152 paartjies wat ondervra is, was meestal gegradueerdes wat tevrede met hulle sekslewe was. Die gemiddelde tyd wat aan voorspel afgestaan is, was 12 minute en aan seks 7 minute. Mans en vroue het dieselfde tyd vir voorspel begeer.

In ’n studie onder sowat 12 000 mense uit 27 lande het 63 persent van die mans en 60 persent van die vroue gesê fisieke voorspel is baie belangrik.

Volgens ’n studie onder mense wat in romantiese verhoudings betrokke was, is bevind pornografie en seksuele media speel nie ’n rol in die paartjies se tevredenheid met die lengte van voorspel nie. Individue het nog dieselfde hoeveelheid voorspel benodig om seksueel gestimuleer te raak ondanks wat hulle uit pornografie geleer het.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Voorspel DefinisiesVoorspel NavorsingVoorspel VerwysingsVoorspel Eksterne skakelsVoorspelSeksSeksuele prikkeling

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BybelvertalingSuider-AfrikaZuid-Afrikaansche RepubliekDermpoliepReënspinnekopOpgestopte speelgoedSatireNuwe TestamentLys van woestyneAnneli van RooyenSkoonma-se-tongWitbloedselVergelykings (taalkunde)Pubiese hareBysteekGuillain-Barré-sindroomJacques LootsLys van Afrikaanse skrywersLys van kleureGewone drolpeerGroot TrekRugbywêreldbeker 2023Eerste WêreldoorlogWortelkanaalBynierEkologieCVoorhuidRussiese inval in Oekraïne sedert 2022MangelMasturbasieAlvin BruindersPinksterErfenisVulkaanTaalEier (biologie)BywoordVarkgriepMuishondESterKrokus Stadsaal-aanvalKarlien van JaarsveldLettergreepSterrestelselAntjie KrogGeelsugDuitse perdebySonLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameSeksualiteitDinosourusJerusalemGeslagMenseregtedagVaginaTegnologiePerdMamelukNatuurlike satelliete van kleinplaneteNierversakingAkroniemNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweEnsiklopediePaddaKolitisDemokrasieWikipedia🡆 More