Visrivier-Canyon

Die Visrivier-canyon in die suide van Namibië is die derde langste canyon ter wêreld, naas die Yarlung Tsangpo-canyon in Tibet en die Grand Canyon in die Verenigde State.

Dit is die langste canyon in Afrika, en die tweede mees besoekte plek deur toeriste in Namibië. Dit is ongeveer 160 km lank, tot 27 km breed en is op sommige plekke tot 550 m diep.

Visrivier-Canyon
Satellietbeeld van die Visrivier-canyon.

Die canyon is geleë aan die benedeloop van die Visrivier. Hierdie rivier is nie standhoudend nie en is ook nie bevaarbaar nie, en die water is oranje gekleur. Die canyon begin by die plekkie Seeheim en eindig by Ai-Ais. Daarna vloei die rivier uit in die Oranjerivier langs die grens met Suid-Afrika. Hobas is 'n kampterrein 70 km noord van Ai-Ais.

Staproete

Die Visrivier-canyon is een van die gewildste staproetes in Suider-Afrika. Die skaal en rowwe terrein lok besoekers van regoor die wêreld. Behalwe vir die 2 kilometer daling wes van Hobas en enkele opsionele kortpaaie, volg die roete gewoonlik 88 kilometer van die Visrivier tot by Ai Ais en kan binne 5 dae voltooi word. Alhoewel daar 'n aantal voetpaadjies deur die canyon is, is die roete nie vasgelê nie en moet mens self besluit waar en hoe lank om te stap. Daar is geen geriewe op die staproete nie.

Die temperature wissel tussen 5 °C en 30 °C met lae humiditeit. Erge weer, soos flitsvloede, stormwind en reën kan soms verwoesting pleeg gedurende die stapseisoen.

Permitte

Weens vloede en warm somertemperature van 48 °C in die dag 30 °C saans, word permitte slegs uitgereik tussen 1 Mei en 15 September. Voor jy by Hobas aankom, moet 'n stappermit van Namibië Wildlife Resorts verkry word vir groepe nie kleiner as 3 maar nie groter as 30 nie. Almal moet ouer as 12 jaar wees en 'n fiksheidsertifikaat wat deur 'n dokter voltooi was, moet by die kantoor van die Ministerie van Omgewing en Toerisme by Hobas aangebied word. In die afgelope jaar het die roete gewild geword, veral tydens skoolvakansies en langnaweke, en permitte moet vroegtydig aangevra word. Besprekings vir die volgende jaar se seisoen open 1 Mei.

Die roete

Roeteienskappe
Afkoms - Sulphur Springs
Visrivier-Canyon 
Diep sand 27°35′17″S 17°35′53″O / 27.588°S 17.598°O / -27.588; 17.598 (Beach)
Visrivier-Canyon 
Rotsblokke 27°37′37″S 17°36′22″O / 27.627°S 17.606°O / -27.627; 17.606 (Boulders)
Sulphur Springs - Drie Susters
Visrivier-Canyon 
Rivierklippe 27°43′01″S 17°34′52″O / 27.717°S 17.581°O / -27.717; 17.581 (Sandy Slope)
Visrivier-Canyon 
Stewiger grond 27°44′31″S 17°34′52″O / 27.742°S 17.581°O / -27.742; 17.581 (Vasbyt Bend)
Drie Susters - Ai-Ais
Visrivier-Canyon 
Canyon verbreding27°49′37″S 17°34′26″O / 27.827°S 17.574°O / -27.827; 17.574 (Causeway)
Visrivier-Canyon 
Roete-einde 27°54′18″S 17°29′53″O / 27.905°S 17.498°O / -27.905; 17.498 (Trail End)

Die spoorkop is geleë in 'n parkeerterrein 13 kilometers wes van Hobas. Die afdraand is steil en kettings word voorsien om stappers deur die eerste 100 meter te help. Daarna volg die ongemerkte paadjie 'n grondpad na die strand onderaan. Op die afdraand lei sommige misleidende wildroetes na die noorde en moet vermy word.

Die roete kan in drie belangrike gedeeltes verdeel word:

    • Die afdraand na Sulphur Springs (ook bekend as Palm Springs) neem die wandelaar deur die smalste deel van die canyon, met groot klippe, rotse en diep sand, wat 'n stadige en moeisame stap maak met 'n gemiddelde spoed van tussen 6 en 10 kilometer per dag.
    • Die roete van Sulphur Springs na Drie Susters is meestal op stewiger grond met baie rivierklippe en gereelde rivierkruisings. Gemiddelde stapspoed tussen 15 en 25 kilometer per dag.
    • Van Drie Susters tot Ai-Ais-warmwaterbronne brei die canyon uit met sommige gedeeltes wat in 4x4-voertuie bereik kan word. Gemiddelde stapspoed tussen 25 en 35 kilometer per dag.

Opsionele kortpaaie is beskikbaar. Hulle bied weinig skoonheid aan, maar dit kan 'n welkome verandering van natuurskoon en terrein wees. Gewilde kortpaaie is beskikbaar by:

Die rivier

Die rivier vloei vroeg in die seisoen sterk en word gewoonlik droog teen September. Water is veilig om te drink, maar die gebruik van watersuiweringtablette word aanbeveel. Rivieroorgange is 'n noemenswaardige kenmerk met meer as 20 kruisings in die loop van die roete, en kruisings kan 'n oorweging word wanneer watervlakke hoog word.

Noodgevalle

Daar is geen selfoon ontvangs in die canyon nie en slegs twee nooduitgange is beskikbaar. Ontruiming vanuit die diep canyon word gedoen deur middel van 'n helikopter en voertuie in die latere dele van die roete.

Die Visrivier-canyon Ultra Maraton

Visrivier-Canyon 
27°39′00″S 17°36′40″O / 27.650°S 17.611°O / -27.650; 17.611 (Exit2)

Nie-amptelike hardloop deur die canyon het ontwikkel tot die jaarlikse Visrivier-canyon Ultra Maraton wat op 27 Augustus 2011 sy eerste wedloop gehou het. Die roete begin naby Hobas en na 'n kort gedeelte op die rand van die canyon daal 500 meter na riviervlak. Daarna volg die deelnemers meestal die rivier na Ai Ais. Hulle word toegelaat om hul eie roetes te beplan en kortpaaie deur die canyon te neem, mits hulle 'n aantal voorafbepaalde kontrolepunte bereik. Kortpaaie kan die totale afstand van die wedloop aansienlik verminder. Alle mededingers moet selfvoorsienend wees en word verwag dat hulle genoeg voedingstowwe moet hê. Water word gewoonlik van die rivier gebruik.

Visrivier-Canyon 
Uitsig oor die Visrivier-canyon.

Verwysings

Eksterne skakels

17°35′38.41″O / 27.6914694°S 17.5940028°O / -27.6914694; 17.5940028

Tags:

Visrivier-Canyon StaproeteVisrivier-Canyon VerwysingsVisrivier-Canyon Eksterne skakelsVisrivier-CanyonAfrikaCanyonGrand CanyonNamibiëTibetVerenigde StateYarlung Tsangpo-canyon

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van slangeArmoedeverligtingKlimaatPseudowetenskapWitbloedselReg tot ‘n gesonde omgewingRugbywêreldbeker 2023United Democratic FrontBronadresArabiesKhoikhoiStaatstoelaeTafelsoutPubliekShakaHomofoonDieregeluideC.J. LangenhovenJoodse kalenderKinderregteVryheidsmanifesJodeErica BoyerRenteEk is 'n Afrikaan (toespraak)DigtheidPiesangNadia ValvekensSosiale mediaKalsiumIndustriële RevolusieBronsBeëdigde verklaringWet op Bantoe-onderwysTsoenamiSeksueel oordraagbare infeksieMaanBelastingHokkieJode in Suid-AfrikaMotorvoertuigKindersiektesWeervoorspellingMagneetLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsKangaroeKrokodilKlopjagRivierAfrikaanse taalleerGautengFacebookWaarheid-en-versoeningskommissieMetaalChristiaan Frederik BeyersMensNag van die lang messeStilleweGeallieerdes van die Tweede WêreldoorlogSwartrenosterLys van chemiese elemente volgens atoomgetalAartappelSuid-Afrikaanse randSeksuele opwekkingHidroëlektrisiteitVulvaKasteel die Goeie HoopKlem-in-die-kaakDie GelofteRooikatMiskruierElandréIoonDurban🡆 More