Onse Vader: Sentrale Christelike gebed, geleer deur Jesus Christus aan sy dissipels

Die Onse Vader (ook bekend onder die Latynse naam, Pater noster) is moontlik die bekendste gebed in die Christendom.

Die gebed verskyn in die Christelike bybel se Nuwe Testament. Een weergawe verskyn in die Evangelie volgens Matteus (6:9-13), terwyl 'n tweede weergawe in die Evangelie volgens Lukas (11:2-4) verskyn.

Onse Vader: Gebed, Verwysings in moderne kultuur, Verwysings
Die Bergrede soos uitgebeeld deur Carl Heinrich Bloch.

In Matteus word die gedig bespreek tydens 'n gesprek oor mense wat slegs bid "sodat mense hulle kan sien". Matteus beskryf Jesus soos hy mense aanraai om dié gebed te gebruik as hulle bid. In Lukas is dit Jesus se dissipels wat vra om hulle te leer om te bid, waarop Jesus antwoord "Wanneer julle bid, sê dan:..."

Gebed

Mat 6:9-13 (1933)

Onse Vader: Gebed, Verwysings in moderne kultuur, Verwysings  9Só moet julle dan bid:
Onse Vader wat in die hemele is,
laat u Naam geheilig word,
10laat u koninkryk kom,
laat u wil geskied,
soos in die hemel
net so ook op die aarde
11Gee ons vandag
ons daaglikse brood,
12en vergeef ons ons skulde,
soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
13en lei ons nie in die versoeking
nie, maar verlos ons van die Bose.

Want aan U behoort die koninkryk
en die krag en die heerlikheid tot
in ewigheid. Amen.

Onse Vader: Gebed, Verwysings in moderne kultuur, Verwysings 

Mat 6:9-13 (1983)

Onse Vader: Gebed, Verwysings in moderne kultuur, Verwysings  9Só moet julle bid:
Onse Vader wat in die hemel is,
laat u Naam geheilig word;
10laat u koninkryk kom;
laat u wil ook op die aarde geskied,
net soos in die hemel.
11Gee ons vandag
ons daaglikse brood;
12en vergeef ons ons oortredings,
soos ons ook dié vergewe;
wat teen ons oortree;
13en laat ons nie in die versoeking kom nie
maar verlos ons van die Bose.
Onse Vader: Gebed, Verwysings in moderne kultuur, Verwysings 

Luk 11:2-4 (1983)

Onse Vader: Gebed, Verwysings in moderne kultuur, Verwysings  2En Hy sê vir hulle: "Wanneer julle bid, sê dan:
Vader, laat u Naam geheilig word;
laat u koninkryk kom;
3gee ons elke dag
ons daaglikse brood;
4en vergeef ons ons sondes,
want ons vergewe ook elkeen
wat teen ons oortree;
en laat ons nie in die versoeking kom nie.
Onse Vader: Gebed, Verwysings in moderne kultuur, Verwysings 

Verwysings in moderne kultuur

Onse Vader: Gebed, Verwysings in moderne kultuur, Verwysings 
Die Onse Vader in Swahili.

Verskeie sangers het Afrikaanse toonsettings van die gebed opgeneem, onder andere Juanita du Plessis op die album Altyd Daar Gospel Album Vol. 1.

Sir Cliff Richard se lied, "Millennium Prayer" het die Engelse weergawe van hierdie gebed ingesluit.

Die Boesman se Onse Vader, soos geskryf deur P.J. van den Heever lui as volg:

Onse Vader: Gebed, Verwysings in moderne kultuur, Verwysings  Onse Vader wat doer êrns vêr bo in die bloulug is, diese warm dag wil ikke op myse kniege tot U kom bid: Lat U se koningskap tog by ons kom, en lat U se grootheid hier tissen ons staan gemaak kan worre, en lat U se wil gebeure doer bo by U rond, net so gebeure hier by ons Boesm’land se grond. Gee ons vandag onse tjai-impie kos en vergewe ons, onse sondige gemors, sos ons die ander minse sin vergeef. Here lat die kwaad doen goerterse wye draaie om ons loop en gee tog samblief Here lat die duwel nie naby kom nie. Die minse doen sulke lelike goerters teen my, maar help tog samblief dat ik dit nie sal raak sien nie, dan sal U mos ok nie myne raak sien nie. U is vir altyd en vir altyd. Amene my groot Kroon.
Onse Vader: Gebed, Verwysings in moderne kultuur, Verwysings 

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Onse Vader GebedOnse Vader Verwysings in moderne kultuurOnse Vader VerwysingsOnse Vader Eksterne skakelsOnse VaderChristendomEvangelie volgens MatteusLatynLukasNuwe Testament

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Green PornoOnse VaderWieg van die MensdomHemelvaartsdagGrondwaterKompasLangste woordOlifantMaagsweerLys van medisinale kruieBestuiwingEngelandLys van kinderspeletjiesAfkappingstekenGrondwetVoëlOrganisasie sonder winsoogmerkNedersetting16 AprilTermietVulvaVolhoubaarheidBotswanaGautengSuurreënRonelda KamferOplossing (chemie)AardbewingHolocaustMorfologie (taalkunde)Om-te-infinitiefkonstruksieAngolese BurgeroorlogSteenkoolBybelKolorektale kankerMeningsverskil oor aardverwarmingAlliterasieBiologieSonkragLugbesoedelingVakbondHipoteseSowjetunieKonjunktivitisVersamelnaamOntwerpTafelsoutWapen van Suid-AfrikaLys van Afrikaanse skrywersJohannesburgBoereSeksuele penetrasieTaalTuberkuloseSimfonie-orkesWes-KaapKaapse florarykLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsDomkragAfrikaPizzaSatellietArmoedeLoftus MaraisLieweheersbesieSomerEkostelselTafelbergOutismeTelevisieNasionale PartyJode in Suid-AfrikaMiddeleeuePrivaat maatskappyEjakulasieTegnologie🡆 More