Mercury-Redstone 3: Plantspesie

Mercury-Redstone 3, ook bekend as Freedom 7, was die eerste Amerikaanse bemande ruimtevaart.

Dit ruimtetuig is op 5 Mei 1961 gelanseer met Alan Shepard as die enigste bemanningslid. Die Mercury-program se doelwit was om 'n ruimtevaarder in 'n wentelbaan om die aarde te plaas en hom veilig terug te bring. Shepard se vlug was 'n 15-minute sub-orbitale vlug met die hoofdoelwit om te bewys dat hy die swaartekrag van lansering en binnedring van die atmosfeer kan weerstaan.

Mercury-Redstone 3: Plantspesie
Alan Shepard aan boord die Freedom 7

Shepard het sy tuig die Freedom 7 genoem en 'n presedent geskep vir die ander ses Mercury-ruimtemanne wat hulle ruimtetuie ook name gegee het. Die nommer 7 was ingesluit in al die bemande Mercury-ruimtetuie in erkenning aan die Mercury Sewe as die eerste groep ruimtevaarders. Sy ruimtetuig het 'n hoogte van 187.5 km bereik en 'n direkte afstand oor aarde van 487.3 km afgelê. Dit was die vierde vlug wat met 'n Mercury-Redstone-vuurpyl van Kaap Canaveral in Florida gelanseer is.

Gedurende die vaart kon Shepard die aarde sien en het die kapsule se posisiebeheerstelsel getoets. Hy het ook die kapsule omgekeer sodat die stompkant met die hitteskild vorentoe wys sodat hy gereed is wanneer hy weer die aarde se atmosfeer binnedring. Hy het ook die truvuurpyle getoets, dit sou later deur ander ruimtetuie gebruik word om uit 'n wentelbaan te beweeg en weer die atmosfeer binne te dring. Sy kapsule het nie oor genoegsame snelheid beskik om in 'n wentelbaan te bly nie. Nadat hy die atmosfeer binnegedring het, het sy kapsule met behulp van 'n valskerm veilig in die Atlantiese Oseaan naby die Bahamas geland. Hy en die kapsule is deur 'n helikopter uit die water gelig en na die Amerikaanse vliegdekskip, USS Lake Champlain oorgeplaas.

Tegnies was die sending 'n sukses maar is oorskadu weens die feit dat die Sowjetunie reeds drie weke tevore vir Joeri Gagarin in 'n wentelbaan om die aarde geplaas het met Vostok 1. Die sending was kontroversieel omrede een van die regulasies van die World Air Sports Federation oorskry is. Die regulasie bepaal dat 'n vlieënier in sy kapsule moet bly, Gagarin het 'n uitskietfasiliteit gebruik en volgens die Federasie word 'n vaart as onvoltooid gesien indien die bemanning dit verlaat tydens die vlug.

Op 5 Mei 2017 is die die eerste Nasionale Ruimtemandag in Amerika gehou ter ere aan hulle eerste bemande ruimtevlug.

Nota

Tags:

Alan ShepardAtmosfeerMercury-programSwaartekragWentelbaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Geskiedenis van Suid-AfrikaXenofobieMerinoSebraHoofpynNeurenberg-verhoreMineraalSnaarinstrumentDooie SeeJapanKlem-in-die-kaakKrugerwildtuinDurbanPeter SnydersEnergieDubbelpuntMenseregteAkuutLenteVolhoubaarheidGoogle MapsKookpuntNasionale VrouedagEuropaMasturbasieHolocaustAardkorsTrekarbeidKatoenEnsiklopedieLidwoordDiepaartromboseToerismeVervoerFiksieKapitalismeAfro-AmerikanersBoomNieu-SeelandBorskankerSeekatKlimaatsverandering in AfrikaSinkVoedselverwerkingKopieregFossielbrandstofVingerseksHeupvervangingNelson MandelaSeksuele opwekkingLys van chemiese elemente volgens atoomgetalSuikersiekteLeeuKewerTelevisieArmoedeBayer 04 LeverkusenGevolge van aardverwarming op oseaneWapen van Suid-AfrikaOmtrek, oppervlakte en volumeRobbeneilandGetalBelastingKaaps-Hollandse stylSpinnekopAngolaSilwerBruin huisslangRooikatVerenigde State van AmerikaGautengWikipedia🡆 More