Tuisblad
Welkom by Wiki, die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word. | |
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel Qantas (/ˈkwɒntəs/ KWON-təs) (IATA: QF, ICAO: QFA) is die vlagdraer en nasionale lugredery van Australië en sy grootste redery volgens vlootgrootte, internasionale vlugte en bestemmings. Die naam was oorspronklik "QANTAS", 'n akroniem vir "Queensland and Northern Territory Aerial Services". Dit dra die bynaam "The Flying Kangaroo" en is die derde oudste redery in die wêreld wat nog in bedryf is. Dit is in November 1920 gestig en het in Mei 1935 met internasionale passasiersvlugte begin. Qantas is 'n stigterslid van die Oneworld-lugrederyalliansie. Qantas bedryf sedert 1977 besigtigingsvlugte na Antarktika (sonder om te land) namens Croydon Travel. Met vlugte 7 en 8 – 'n ononderbroke diens tussen Sydney en Dallas/Fort Worth wat deur die Airbus A380 bedryf word – wat op 29 September 2014 begin het, het Qantas die wêreld se langste passasiersvlug op die wêreld se grootste passasiersvliegtuig bedryf. Dit is op 1 Maart 2016 verbygesteek deur Emirates se nuwe Auckland-Doebai-diens. Nadat hy Boeing 787-vliegtuie bestel het, het Qantas 'n voorneme aangekondig om ononderbroke vlugte tussen Australië en die Verenigde Koninkryk gedurende Maart 2018 van Perth na Londen te begin. Die eerste vlug het op 24 Maart uit Perth vertrek. Sedert November 2018 bedryf Qantas en sy filiale 297 vliegtuie, insluitend 71 vliegtuie deur Jetstar Airways; 90 deur die verskillende QantasLink-handelsmerk-lugrederye en ses deur Express Freighters Australia. Op 19 Maart 2020 het Qantas bevestig dat dit alle internasionale vlugte en ongeveer 60% van binnelandse vlugte vanaf einde Maart tot minstens 31 Mei 2020 sou opskort ná uitgebreide regeringsreisbeperkings weens die Covid-19-pandemie. In die nuus
![]() Het u geweet... ... dat Ellen Johnson-Sirleaf die eerste vroulike president van 'n Afrika-land is? Sy is as president van Liberië ingehuldig op 16 Januarie 2006. Op 9 November 2011 is sy vir 'n tweede ampstermyn gekies. ...dat Julius Richard Petri die eerste mikrobioloog was wat 'n moderne stelsel daargestel het om bakterieë te kweek met die ontdekking van die petribakkie? ... dat Montreal in Kanada die tweede grootste Franstalige stad in die wêreld is? Dit is met die 3,9 miljoen inwoners in die metropolitaanse gebied die grootste stad van die Franstalige provinsie Quebec en die tweede grootste in Kanada. ...dat seelikkewane die enigste likkewaan is wat gereeld onder seewater swem? Hulle duik tot 30 minute lank om seewier te vreet. ...dat water nie altyd by 100° Celsius kook nie? Hoe hoër bo seevlak 'n persoon is, hoe laer die kookpunt. ![]() Vandag in die geskiedenis 7 Julie: San Fermín in Pamplona, Navarra, Spanje.
| ![]() Vind artikels ![]() | |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
![]() Wiki in ander tale ![]() | ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Winaray • Tiếng Việt • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Català • فارسی • Suomi • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Српски / srpski | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Български • Нохчийн • Čeština • Dansk • Esperanto • Euskara • עברית • Magyar • Հայերեն • Bahasa Melayu • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Татарча / tatarça • Türkçe • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • Беларуская • বাংলা • Cymraeg • Ελληνικά • Eesti • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Қазақша • Latina • Lietuvių • Latviešu • Baso Minangkabau • Македонски • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Simple English • Slovenčina • Slovenščina • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • Oʻzbekcha • Volapük • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • Bosanski • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Malagasy • മലയാളം • मराठी • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • Occitan • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Scots • Shqip • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wiki | ||
![]() Susterprojekte ![]() | ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris. |