Huis Van Braganza-Sakse-Koburg En Gotha

Die Huis van Braganza-Sakse-Koburg en Gotha of Braganza-Sakse-Koburg en Gotha, was 'n tak van die Huis van Sakse-Koburg en Gotha wat oor die Koninkryk van Portugal regeer het – van 1853 tot dit in 1910 'n republiek geword het.

Huis van Braganza-Sakse-Koburg en Gotha
Wapen van die Huis van Braganza-Sakse-Koburg en Gotha
Wapen van die Huis van Braganza-Sakse-Koburg en Gotha
Land Portugal
Laaste heerser Manuel II
Titel Koning van Portugal
Stigters Ferdinand II en Maria II
Gestig 1836
Stam van Huis van Sakse-Koburg en Gotha
Afsetting 1910

Geskiedenis

Huis Van Braganza-Sakse-Koburg En Gotha 
Manuel II, laaste koning van Portugal.

Die koningshuis is deur prins Ferdinand van Sakse-Koburg en Gotha gestig. Hy het op 9 April 1836 getrou met koningin Maria II van Portugal van die Huis van Bragança en so Ferdinand van Sakse-Koburg-Gotha-Koháry van die Huis van Wettin geword. Lede van die koningshuis het die titels Infante/Infanta van Portugal en Hertog/Hertogin van Sakse gehad.

Op 15 November 1853 is koningin Maria II dood en deur haar oudste seun opgevolg as Pedro V, die eerste koning van die Braganza-Sakse-Koburg en Gotha dinastie.

Die familie sou op die troon bly tot met die begin van die 5 Oktober 1910-rewolusie in Portugal toe koning Manuel II afgesit is en die Eerste Portugese Republiek gestig is. Manuel II het 'n banneling geword en is op 2 Julie 1932 dood.

Vandag gebruik die afstammelinge van prinses Theresa van Sakse-Koburg en Gotha (1902–1990), wat die kleindogter van prinses Leopoldina van Brasilië van die Huis van Bragança was, steeds die van Tasso de Saxe-Coburgo e Bragança. Dit word ook gebruik deur Maria Pia van Sakse-Koburg en Gotha Braganza, 'n vrou wat beweer sy is die buite-egtelike kind van koning Carlos I.

Heersers

Pedro V 1853–1861
Luis I 1861–1889
Carlos I 1889–1908
Manuel II 1908–1910

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Huis Van Braganza-Sakse-Koburg En Gotha GeskiedenisHuis Van Braganza-Sakse-Koburg En Gotha HeersersHuis Van Braganza-Sakse-Koburg En Gotha VerwysingsHuis Van Braganza-Sakse-Koburg En Gotha Eksterne skakelsHuis Van Braganza-Sakse-Koburg En GothaHuis van Sakse-Koburg en Gotha

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RenosterSonnestelselSkaakToerismeHartVoortrekkersLabia (geslagsdele)BoomManie LibbokKameelperdKasterolieSosiale ordeSeksueel oordraagbare infeksieSamespanningGroot vyfJazzNasionale VrouedagOorkruipersWatersuiweringSelfoonBrittany Ashton HolmesDeelteken en umlautEmosieDokterLeonardo da VinciLimpopo (rivier)MieliestronkGesonde dieetCheslin KolbeKoolhidraatLys van Afrikaanse digtersOutismeRekenaarSkildklierKommunikasieGautengKlein-KarooBewaringstatusMangelontstekingOntdekking van goud in Suid-AfrikaKweekhuiseffekCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaVraag en aanbodClanwilliam-sandvisAgtergrond (narratief)Franse RewolusieVennootskapJode in Suid-AfrikaKarakteriseringAboriginesVerdampingDataverwerkingOrgasmeAarverkalkingKoppeltekenWoordeboek van die Afrikaanse TaalPaulus van TarsusHartaanvalDansKlein vyf diereWerkloosheidLys van visseSwart menseKoolstofdioksiedAfrikaanse taalleerMaselsPesachChemiese reaksieMadison IvyBloeddrukPuberteitRobert SobukweOssewaMenstruasieBywoord🡆 More