Digitale Grafsteen

Die digitale grafsteen is die moderne pendant van die normale analoë grafstene of die historiese sprekende grafstene.

Digitale Grafsteen
QR-kodes kan moderne grafte vergesel om meer aanlyn-inligting vir die graftoeris te bied, soos by hierdie graf regsonder.

Die aktiewe variant werk met 'n platskerm wat op 'n graf staan of in 'n grafsteen of grafplaat afsonderlik gemonteer is. Die eerste digitale grafsteen is in Mei 2007 in die Nederlandse dorp, Rhenen, amptelik bekendgestel. Die Digizerk ('n kofferwoord van digital en grafzerk (Afrikaans: grafserk)) is die geesteskind van Hendrik Rozema. Deur middel van filmfragmente, foto's of teks kan die lewensverhaal van die oorledene aan die graftoeris oorvertel word. By hierdie prototipe/eerste weergawe van hierdie platskerm-grafsteen word die krag voorsien deur 'n battery, wat moontlik met 'n sonpaneel verbind is. Die skerm kan met behulp van 'n afstandbeheerder ingestel word. Klank is (tans) afwesig, om die kerkhofstilte nie te steur nie.

'n Passiewe variant van hierdie graftegnologie is grafstene wat met 'n QR-kode voorsien is en gegewens rondom die lewensbeskrywing geheel of gedeeltelik op die web weergee, soos deur aanlynvideo's of -foto's van die goue bruilof of die laaste tiende verjaarsdag van die oorledene. Dagboeke, briewe, stambome ens. van die betrokke persoon kan ook op die Internet gelees word. Hierdie nagedagtenis kan dan deur 'n kamerafoon of PDA in die begraafplaas bekyk word. Sou 'n skerp foto van so 'n grafsteen by 'n aanlynbegraafplaas, soos Eggsa, opgelaai word, kan ook vanaf die huis of kantoor inligting opgeroep word. QR-kodes is maklik om te skep en goedkoop, maar of webadresse oor die eeue heen dieselfde sal bly, moet in berekening gebring word.

Verwysings

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MagnetismeDoelwitAnilingusSlangWinnie Madikizela-MandelaMusiekPersentasieNasionalismeGeskiedenis van erotiese afbeeldingsPolisieLeonardo da VinciKolonialismeWiki CommonsEskomDiskriminasieVoortrekkermonumentSteve BikoDataverwerkingKarakteriseringE-posDundermMolekuulAkuutDierMandala2001Vraag en aanbodMassaSelfstandige naamwoordGemeenskapsorganisasieLys van Kaapstad se voorstedeLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsArmoedeBywoordGewone breukeDeelteken en umlautHipoteseKaapse florarykMahatma GandhiDuitsSokkerOos-KaapLugbesoedelingLys van Afrikaanse skrywersAspoestertjieApostoliese GeloofsbelydenisEkonomie van Suid-AfrikaDirekte en Indirekte redePlae van EgipteMark (ekonomie)C. Louis LeipoldtFotosinteseGriepLetterkundeAustraliëRob HersovIdioomVisNeonOraniaDie ontstaan van die dramaBloeddrukLys van Suid-Afrikaanse skrywersMobutu Sese SekoKimberleyOrthopteraOogHorlosieLandbouMieliestronkKookpuntAfrikaanse WikipediaBloukraanvoëlAborsie in Suid-AfrikaFrederik Willem de KlerkLys van kinderspeletjiesMartin Luther King jr.Wiskundige terminologieLeeu🡆 More