Die Erfenisstigting

Die Erfenisstigting is as 'n maatskappy sonder winsmotief gestig.

Die ES se visie is om openbare bewussyn van bedreigde erfenis deur die behoud, bewaring en volhoubare benutting van erfenishulpbronne te skep. Bedreigde erfenishulpbronne sluit onder meer historiese geboue en strukture, monumente en erfenisterreine, kulturele praktyke, kunswerke, argiewe, begraafplase en grafte in. Bedreigings wissel van natuurlike verval, toevallige skade en vandalisme, tot gebrek aan befondsing en kapasiteit.

Die Erfenisstigting
Die Erfenissentrum

Erfenissentrum

Die Erfenissentrum is op 4 September 2008 geopen. Die uitstalling 'Afrikaners in die 20ste eeu: baanbrekers, bakens en brûe – ‘poskaartflitse’ uit die geskiedenis', is op die boonste vlak. Die uitstalling bestaan uit plasmaskerms waarop kort oudiovisuele programme vertoon word, teks en fotopanele waarop kulturele, staatkundige en sosio-ekonomiese hoogtepunte kronologies en tematies vertoon word en luisterkamers met musiek en poësie uit verskillende tydperke.

Die Erfenisstigting 
Erfenissentrum

Op die middelvloer van die Erfenissentrum is die Navorsingsdienste se moderne leeskamer, toegerus met kopieer- en skandeerfasiliteite en internettoegang vir navorsers. Die gespesialiseerde naslaanbiblioteek bevat nagegenoeg 15 000 boeke, tydskrifte, pamflette, verhandelings en elektroniese bronne.

Die biblioteek fokus op onderwerpe rondom Suid-Afrikaanse geskiedenis en kultuurgeskiedenis, met inbegrip van die Afrikaanse taal, onderwysgeskiedenis, kerkgeskiedenis, geskiedenis van plekke en plekname, militêre geskiedenis en erfenisbewaring. Die Groot Trek, Voortrekkermonument, Anglo-Boereoorlog, Grensoorlog, Suid-Afrikaanse persoonlikhede en familiegeskiedenis maak deel uit van die gespesialiseerde fokus. Familienavorsing word toenemend gewilder en die biblioteek is ʼn ryk bron van inligting rondom dié tema. Die biblioteek huisves ook boeke en elektroniese bronne van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) se noorderlike tak.

Die Erfenisstigting 
Standbeeld "Getemde vryheid"

Voor die Erfenissentrum se ingang staan 'n brons standbeeld met die titel Getemde Vryheid. Die standbeeld is in 1961 deur die beeldhouer Hennie Potgieter (1916-1992) voltooi en het op die grasperk in Parlementstraat, Pretoria gestaan. Dit is op 21 Augustus 2008 na die Voortrekkermonument-erfenisterrein verskuif. Getemde Vryheid beeld 'n Afrikanerbul uit wat die hoeksteen van die demokrasie simboliseer. Potgieter het die Afrikanerbul gekies om die volke van Suid-Afrika voor te stel. Dit is simbolies van die lewenskrag van jong volke op die drumpel van volwassenheid wat hulle moet skik na die behoeftes van die gemeenskap. Dit is 'n herinnering dat die bedrywighede van elke geslag bedoel is om die volgende geslag te dien.

Die Erfenisstigting 
Argief van die Erfenisstigting

Argief

Die Erfenisstigting se argief bied bronne oor alle fasette van Suid-Afrikaanse geskiedenis en kultuurgeskiedenis aan navorsers. Dit bestaan uit dokumentversamelings, foto’s, argitektekeninge, kaarte en oudiovisuele materiaal.

Die temas van die versameling is die Groot Trek, die Anglo-Boereoorlog en die geskiedenis van die Voortrekkermonument. Verdere materiaal sluit Afrikaanse kultuurorganisasies in, soos die Afrikaner Broederbond en persoonlike versamelings wat ʼn bydrae lewer tot die kulturele en geskiedkundige aspekte van die Afrikaanssprekende samelewing in Suid-Afrika.

Die argief van die Nederduitsch Herformde Kerk in Afrika is ook in die Erfenissentrum geleë.

Erfenishulpbronbestuur

Die ES bied erfenishulpbronbestuursdienste wat aan die vereistes van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (Wet No. 25 van 1999) voldoen en wat op internasionale beginsels en standaarde geskoei is. Erfenishulpbronbestuur behels die bewaring, aanbieding en verbetering van beskermde erfenishulpbronne, asook die beskerming, instandhouding, preservering en volhoubare gebruik van erfenishulpbronne ten einde die kulturele betekenis daarvan te beskerm.

Terreine onder bestuur

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Die Erfenisstigting ErfenissentrumDie Erfenisstigting ArgiefDie Erfenisstigting ErfenishulpbronbestuurDie Erfenisstigting Terreine onder bestuurDie Erfenisstigting VerwysingsDie Erfenisstigting Eksterne skakelsDie Erfenisstigting

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TelwoordNasiebouBesoedelingGenitale vratLys van nedersettings in Suid-AfrikaCarike KeuzenkampAfrikaansKindermishandelingSenuweestelselSelfkonsepNarsismeDierLys van Suid-Afrikaanse musikanteWerkloosheidSaartjie BaartmanAfrikaJode in Suid-AfrikaVulvaHorlosieVerstedelikingInentingHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalGeskiedenis van AfrikaansCounter-Strike 2AnilingusWelwitschiaGoudkus (streek)Peach van PletzenByTropiese sikloonKommunikasieVoëlTreinOnse VaderEskomSonLabia (geslagsdele)JeugdagIntensiewe vormMuskietMensKitaarRumatiekDesimale breukeWortelMeervoudSprokieMetaalAardkorsErfenisdag (Suid-Afrika)Gewone breukeWithaaiGrondMiddeloorontstekingKasteel die Goeie HoopDuitslandSeksueel oordraagbare infeksiePaasfeesGenadedoodDonkieRymGriekwa-AfrikaansKolitisMenslike seksuele gedragAppel (sanger)Anneli van RooyenKrieketInflasieBoontjieProteaGoogleKasterolieBreinvliesontstekingDie Laaste Avondmaal (Leonardo)Willie JoubertDomkragRassisme🡆 More